volblomSeptember Tydige Wenke* vir ons steenvrugprodusente

 Daar is min dinge so opwindend soos om vrugteboorde in volblom te sien. Vir die produsent is dit terselfdertyd ‘n tyd vol opwinding, maar ook kommer – kommer omdat ons nie weet wat die seisoen gaan bring nie. Maar laat ons positief wees en eerder fokus op dié dinge wat ons kan bestuur.

In hierdie uitgawe van Tydige Wenke is daar ‘n spesiale afdeling oor die versorging van nuut-aangeplante steenvrugbome. Hierdie is een van die belangrikste produksie-insette, want as mens dit regkry dat ’n nuut-aangeplante steenvrugboom in sy eerste jaar goed groei en die gewenste hoogte in Jaar 1 bereik, is dit baie makliker om ’n hoë opbrengs vanaf Jaar 3 te verkry. Kliek hier om die PDF af te laai. (*Die Tydige Wenke is onlangs opdateer en dus sleg in Engels beskikbaar.)